Alvar Aalto


Alvar Aalto

Finse argitek en ontwerper


Skool
Moderne Internasionale Argitektuur


Beduidende projekte

Tegniese Universiteit in Helsinki




Aalto-woonstelgebou in Bremen, Duitsland




Finlandia-konsertsaal, Helsinki


Ontwerpkuns
Teewa


Toekennings en pryse

Royal Gold Medal for Architecture (Verenigde Koninkryk) in 1957


Goue medalje van die American Institute of Architects (VSA) in 1963

Hugo Alvar Henrik Aalto (* 3 Februarie 1898 in Kuortane; † 11 Mei 1976 in Helsinki) was 'n Finse argitek en ontwerper. Vanweë sy beduidende bydraes tot die klassieke moderne boukuns word na hom in Skandinawië soms as die "Vader van modernisme" verwys. Alvar Aalto word as die beduidendste Finse argitek van die 20ste eeu en as een van die invloedrykste ontwerpers van meubels en ander gebruiksvoorwerpe beskou.

Aalto het streeksgebonde en kulturele tradisies op 'n estetiese manier met organiese vormtaal verbind.[1] Hy het steeds gepoog om sy ontwerpe by die spesifieke behoeftes van mense aan te pas, waarby hy sy eie idees van funksionalisme en plastiese vorme verwesenlik het.[2]

Aalto se werk sluit argitektuur, meubels, tekstiele en glasware in. Sy vroeë loopbaan is onlosmaaklik verbind aan Finland se groot ekonomiese opswaai en vinnige industrialisering tydens die eerste helfte van die 20ste eeu – baie van sy klante was nyweraars, waaronder die Ahlström-Gullichsen-gesin.[3]

  1. Hasan-Uddin Khan: Weltarchitektur – International Style. Architektur der Moderne von 1925 bis 1965. Keulen: Taschen 2009, bl. 214
  2. Jan Gympel: Geschichte der Architektur. Von der Antike bis heute. Königswinter: Könemann/Tandem 2005, bl. 115
  3. Architecture.sk

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search